... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vertroue in Onseker Tye

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 7:14 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.

Listen to the radio broadcast of

Vertroue in Onseker Tye


Download audio file

Eksterne faktore sal sonder twyfel ‘n impak hê op hoe ons oor die lewe voel. Ja, hierdie faktore beïnvloed ons in alle situasies waarin ons onsself ook al op die oomblik bevind, en watter goeie of slegte omstandighede ons ook al konfronteer. 

Dit spreek vanself dat goeie omstandighede ons in ‘n goeie luim plaas, terwyl moeilike omstandighede geneig is om ons swartgallig te maak. Ons emosies word geaffekteer deur ons omstandighede. En sê my: verkies jy teëspoed?

Ja-nee, teëspoed het ‘n manier om ons te bekruip; en om ons te bespring wanneer ons dit die minste verwag. Dink ‘n bietjie na. Wat is daar op die oomblik in jou lewe, wat jy nie vir jouself sou gekies het nie? Hoe laat dit jou voel?

Goed, daar is altyd ‘n mate van daardie op- en af-siklus, maar weet jy dat God ons nie geskape het om op ‘n tuimeltrein, oftewel ‘n “roller coaster,” deur die lewe te ry nie. Niemand wil so lewe nie. 

Prediker 7:14 Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar ‘n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.

Die waarheid is dat God oor elke omstandigheid, wat ons konfronteer, soewerein bly … vandag, môre en die volgende dag s’n. Ja, dis reg my vriend, wanneer die lewe goed is en wanneer God ons met goeie dinge seën, moet ons dit geniet – daar is niks daarmee verkeerd nie.

Maar wanneer dinge moeilik is, onthou dat daardie tye ook uit die Here se hand kom en dat Hy vertrou kan word. Wanneer jy dus die volgende keer moeilike tye in die gesig staar, kan jy vol vertroue wees, want ons God is jou vertroue waardig.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.