... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aan Watter Groep Behoort Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Listen to the radio broadcast of

Aan Watter Groep Behoort Jy?


Download audio file

Sedert die vroegste tye het die mensdom homself al in groepe verdeel – volgens geografie, kultuur, velkleur, politiek, selfs volgens die sportspan wat ‘n mens ondersteun. Wat ook al die maatstaf, mense hou daarvan om deel van ‘n groep te wees.

Dit was destyds ‘n belangrike element van die kultuur van die verskillende stamme in ‘n gebied. Die een stam moes verseker dat die ander stam nie die oorhand oor hulle kry nie en dat hulle nie hulle grond afneem of hulle verneder nie. Elkeen is immers geregtig om homself te wees. Elkeen is geregtig om met sy stam te identifiseer en te kry wat hy verdien.

Kan ek jou eerstens vra, aan watter groep behoort jy? En, tweedens, hoe beïnvloed jou lidmaatskap van daardie groep jou verhouding met God? Die Amerikaanse pastoor en skrywer, Dale Partridge, stel dit so:

“Wees net jouself” is Satan se vervalsing van God se opdrag, “Wees heilig soos Ek heilig is.” Ek wil nie myself wees nie. God moes my van myself red. Ek staan saam met die apostel Paulus wat gesê het in…”

Galasiërs 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Partridge se standpunt, waarmee ek terloops saamstem, is dat te veel mense, wat hulself Christene noem, deesdae toelaat dat hul wêreldse identiteit hul identiteit in Christus troef.

Ek behoort aan hierdie politieke party. Ek glo in daardie vorm van vryheid. Dit is my seksualiteit. Dis net wie ék is. Klink dit enigsins bekend? Maar as jy in Jesus glo, kan jy glo dat Hy gekom het om jou te red van die ‘ek’ wat jy was.

Jy is saam met Christus gekruisig. Dit is nie meer jy wat leef nie, maar Christus wat in jou lewe.

Moenie toelaat dat jou wêreldse lidmaatskap jou daarvan beroof nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy