... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Krag om Vrees te Oorwin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:5-7 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Listen to the radio broadcast of

Jou Krag om Vrees te Oorwin


Download audio file

Geloof, ware geloof in Jesus, is ‘n goeie ding. ‘n Baie wonderlike ding. En so leef jy in geloof, die gawes en vermoëns wat God jou gegee het, met al die beste voornemens ter wêreld uit. Dis voorwaar prysenswaardig.

Dit is wonderlik om ‘n ware geloof in God te hê; een wat deur dik en dun vasstaan. En soos ons gister gesien het, word daardie klein geloofsvlammetjie ‘n verterende vuur, wanneer ons ons Godgegewe gawes en vermoëns tot sy eer gebruik. Dit is presies wat God se Woord sê in:

2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur weer moet aanblaas.

Maar weet jy, byna sonder uitsondering, die oomblik wanneer jy in geloof optree en daardie gawes gebruik om ander mee te dien en om eer aan Jesus se naam te bring … gaan jy teëstand ondervind – geestelike opposisie en wêreldse teëstand. Dit gebeur elke keer, en daarom skryf Paulus in die volgende asem:

2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Laat dit net insink. Wanneer Satan al die magte van die hel teen jou loslaat, is God se Gees jou bron van krag, van liefde en van selfbeheersing. Moenie bang wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy