... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Staak jou Geheime Sondes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 90:8 ...want U weet van al ons slegte dade. Selfs die verkeerde dinge wat ons vir U probeer wegsteek, is oop en bloot voor U.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Staak jou Geheime Sondes


Download audio file

Oor die jare het ek en jy al gesien hoe ‘n hele paar prominente Christenleiers in sonde verval. En sonder uitsondering het hul ondergang ontstaan uit die een of ander geheime, verborge sonde. Daarin lê vir ons ‘n belangrike les.

As jy betrokke is in iets wat jy vir ander moet wegsteek; vir jou vrou of man, jou vriende, jou kinders … ondersoek dit dan noukeurig. Want daar is ‘n baie goeie kans dat dit sonde behels.

En terwyl die ander mense dalk nie sien wat aangaan nie, is daar Een wat wel sien. Kyk wat sê Moses vir God in:

Psalm 90:8 ...want U weet van al ons slegte dade. Selfs die verkeerde dinge wat ons vir U probeer wegsteek, is oop en bloot voor U. (NLV)

En my vriend, vroeër of later, sal God daardie geheime sondes aan die lig bring. Dit kan reeds in jou leeftyd gebeur, soos dit vir baie van daardie gevalle leiers gebeur het. Dis tragies, ja, maar dit is beter. Ten minste sal jy die geleentheid hê om daarmee te breek, om jou daarvan te bekeer en om deur God vergewe te word.

Dit sou oneindig erger wees, indien daardie verborge sonde eers op die oordeelsdag, wanneer die geleentheid tot bekering verlore is, aan die lig kom.

Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Here bevry ons van diegene wat engele in die openbaar, heiliges by die kerk en demone by die huis is.

Kan ek jou vandag uitdaag om eerlik met jouself te wees. Is jy besig met die een of ander verborge sonde in jou lewe? Klou jy in die geheim aan hierdie demoniese duisternis vas, terwyl jy jou in die openbaar as ‘n engel van die lig voordoen?

Indien wel, neem nou die inisiatief. Praat met die Here. Hanteer dit met Hom, want dinge wat ons vir Hom probeer wegsteek, is buitendien oop en bloot voor Hom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy