... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Laat die Lewe Begin!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Laat die Lewe Begin!


Download audio file

Christus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! ‘n Refrein van Christene deur die eeue. ‘n Gejuig. Maar is dit steeds meer as tweeduisend jaar ná die gebeurtenis, vir ons belangrik?

Wat, indien enigiets, beteken die opstanding van Jesus Christus vir jou? Is dit vir jou vandag, eeue nadat Jesus na bewering uit die dood opgestaan het, met alles wat in jou lewe aangaan, vir jou betekenisvol?

Of is vandag vir jou, soos vir baie mense, op die ou end net ‘n gewone dag? ‘n Dag waarop jy ’n paar paaseiers vir die kinders wegsteek en ‘n bietjie meer sjokolade, as wat jy moet, eet?

‘n Paar dekades na daardie eerste Paassondag het die apostel Petrus – onthou jy, dieselfde een wat Jesus drie keer die nag voor sy kruisiging verloën het – aan die vervolgde Christene geskryf:

1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)

Die mense wat dit die eerste keer gelees het, het moontlik gewonder wanneer die Romeine hulle sou kom teer en veer, om by een van die keiser se tuinpartytjies verbrand te word.

In plaas daarvan kom Petrus en gee hulle hoop met ‘n boodskap van nuwe lewe. ’n Splinternuwe lewe. Nie net met ‘n soetsappige boodskappie wat sê: “Ek hoop ons sal nie môre ly nie”. In plaas daarvan, bring dit nuwe hoop, omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het.

Dit maak nie saak watter teëspoed jou tref nie, daardie hoop kan nie uitgewis word nie, want Jesus het uit die graf opgestaan. Christus het opgestaan. Hy het waarlik opgestaan!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.