... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Rig julle Gedagtes op God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 16:21-23 Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word. Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.” Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”

Listen to the radio broadcast of

Rig julle Gedagtes op God


Download audio file

Daar bestaan baie groot spanning tussen die eenvoudige en ooglopende logika van dinge in hierdie wêreld en die oënskynlik onlogiese, bonatuurlike wysheid van God.

Ek wonder of jy daardie spanning ervaar? Ek hoop beslis so, omdat die wêreld se logika besig is om die hele mensdom op daardie breë, maklike pad, wat na vernietiging lei, te sleep. Maar in teenstelling daarmee, roep Jesus mense om deur die nou poort te gaan en die moeilike pad, wat na die lewe lei, te volg.

Dis die rede waarom dit vir elkeen van sy dissipels spanning skep. Menslike logika sê vir ons dat die lewe maklik moet wees; dat ons suksesvol moet wees en dat ons moet kry wat ons wil hê. Maar God se wysheid bots loodreg met daardie selfgesentreerde logika.

Matteus 16:21-23 Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word. Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.” Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”

Daar is dit. Petrus het hier dieselfde menslike logika, wat ek en jy instinktief sou gebruik, geopenbaar. Hy moes darem vir Jesus reghelp – om Hom te beskerm – nie waar nie! Maar dit het die hewigste reaksie ooit in die Skrif ontlok. Hoe sou jy gevoel het as Jesus dit vir jou gesê het?

Fokus jou gedagtes op die dinge van God, hoe vreesaanjaend dit soms ook al mag wees. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy