... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vervang Vrees Met Uitdaging

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 18:4 -7 Ek het tot die Here geroep, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande. Bande van die dood omring my; strome van onheil oorweldig my. Bande van die dood draai my vas; strikke van die dood wag my in. In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God geroep om hulp. In sy heiligdom het Hy geluister; my hulpgeroep het Hy gehoor.

Listen to the radio broadcast of

Vervang Vrees Met Uitdaging


Download audio file

Ek wil graag vandag die woord: angs met jou deurtrap. Die woordeboek beskryf angs as ‘n gevoel van vrees, benoudheid, onsekerheid en onveiligheid. Wanneer jy die woord hoor, neem dit jou dadelik na ‘n plek waar jy al voorheen was, ‘n plek van vrees oor iets wat kan gebeur.

Angs is nie ‘n emosie wat ons uit eie keuse wil ervaar nie, nè? En tog gaan ons, op ons lewenspad dreigemente, gevare en onsekerheid ervaar wat weer en weer ons pad gaan kruis.

En hoewel angs ‘n natuurlike, beskermende reaksie is, is daardie gevoel van benoudheid een wat jy kan en moet oorwin, indien jy jou vertroue in Jesus geplaas het.

Kom ons luister na koning Dawid, wie se lewe vir baie jare in doodsgevaar was. Hy was jare lank in situasies waarin hy vir sy lewe moes vlug. Wat was sy oplossing?

Psalm 18:3-6 Ek het tot die Here geroep, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande. Bande van die dood omring my; strome van onheil oorweldig my. Bande van die dood draai my vas; strikke van die dood wag my in. In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God geroep om hulp. In sy heiligdom het Hy geluister; my hulpgeroep het Hy gehoor.

Dawid het nooit weggeskram daarvan om sy vrese uit te spreek nie. Ja, jy sien self, hulle was vir hom ‘n werklikheid, ‘n groot werklikheid. Maar soos hy sy hart by God uitgestort het … sien jy keer op keer dat sy angs in afwagting verander het.

Wanneer hy sy blik van die bedreiging vóór hom, na die God bó Hom verskuif het, het hy vrede ervaar. Hy het begin uitsien na wat God gaan doen. Dit is wat gebeur as jy bid. Angs verander in afwagting.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.




We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy