... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Heeltemal Verslaan, Maar Tog…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status en belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. (DB)

Listen to the radio broadcast of

Heeltemal Verslaan, Maar Tog…


Download audio file

Paas-Saterdag. Is dit ‘n noemenswaardige dag? Dit is ‘n soort van ‘tussen-in-dag’ tussen die verskriklike gebeure van Goeie Vrydag en die skouspelagtige, wonderlike gebeure van Opstandingsondag.

Wat dink jy het die dissipels op daardie eerste Paas-Saterdag gedoen? Net rondgelê en die Sabbatsrus geniet? Het hulle gewag vir die Opstandingsdag sodat hulle kon feesvier? Nee wat, ek betwyfel dit sterk!

Miskien het hulle Jesus se voorspellings dat Hy uit die dood sou opstaan, onthou? Maar heelwaarskynlik was hulle so getraumatiseer deur die gebeure van gister en so bevrees vir hul eie lewens, dat hulle weggekruip het.

’n Paar jaar tevore het Jesus vir hulle gesê dat Hy nederig van hart is. Jare later sou die apostel Paulus aan die kerk in Filippi skryf dat Jesus Homself tot die dood aan ‘n kruis verneder het.

Ja, Jesus, die Seun van God, die Skepper van die heelal, het Homself laat kruisig om vir jou en vir my te red. Dit was die grootste daad van nederigheid ooit.

Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status en belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. (DB)

God is konsekwent. Hy is so lief daarvoor om nederigheid te beloon. En hier, op hierdie ‘tussen-in-dag’ tussen Goeie Vrydag en Opstandingsondag, is dit amper asof daardie vers praat van die grootste wonderwerk wat op die punt was om te gebeur.

Die grootste vernedering in die ganse menslike geskiedenis, was op die punt om die grootste oorwinning in alle ewigheid te word, want die Here kroon die nederiges met oorwinning!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy