... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Wêreld se Grootste Ponzi Skema

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.

Listen to the radio broadcast of

Die Wêreld se Grootste Ponzi Skema


Download audio file

‘n Man met die naam van Bernie Madoff, ‘n voormalige voorsitter van die Nasdaq-aandelebeurs, kan spog met die bedryf van die grootste Ponzi-skema in die geskiedenis van die mensdom. Hy het, kan jy glo; $64,8 miljard Amerikaanse dollars gesteel.

‘n Ponzi-skema is misleiding en bedrog op ‘n massiewe skaal. ’n Beleggingshuis neem mense se geld en beloof hoë opbrengste. Maar in plaas daarvan om daardie geld te belê, steel hulle dit. Hulle is so slim, dat hulle gereelde opbrengste en selfs af en toe kapitaal uitbetalings aan bestaande beleggers gee; maar hulle gebruik slegs die fondse wat deur nuwe beleggers gedeponeer word. Dit is ‘n kaartehuis wat uiteindelik moet ineenstort, want die beleggers se oorspronklike kapitaal is weg.

Maar weet jy dat daar vandag baie groter misleiding is, as wat ons kan besef? Misleiding so groot, dat dit miljarde mense nie net hul beleggings gekos het nie, maar hul lewens, vir alle ewigheid.

Jesus het met ‘n paar slegte mense gepraat en die volgende gesê:

Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ‘n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.

Die leuen wat die duiwel die hele tyd vertel, is dat die lewe wonderlik is. Dis baie eenvoudig: Eet, drink en wees vrolik. Daar sal geen boek van jou ongeregtigheid gehou word nie. En al is daar so hier en daar so ‘n ietsie oneerlik in jou lewe, is dit tog nie groot sonde nie, want jy is tog nie ‘n slegte mens nie!

Daardie kaartehuis gaan eendag vir elkeen van ons wanneer ons voor ons Skepper staan in duie stort. Moenie die duiwel glo nie. Hy is die vader van leuens. Glo Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.