... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Behandel Jy Jou Personeel?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het. (DB)

Listen to the radio broadcast of

Hoe Behandel Jy Jou Personeel?


Download audio file

Enigiemand wat al ooit in ‘n leiersposisie was, sal weet dat dit nie maklik is nie. Mense voldoen dikwels nie aan jou verwagtinge nie. En jy raak soms geneig om krities te raak.

Nee, my maat, om ‘n leier te wees, is nie maklik nie. Soos Steve Jobs, die stigter van Apple, eenkeer gesê het, moenie ‘n leier word as jy almal tevrede wil stel nie. Gaan verkoop dan maar eerder roomys!

En as gevolg van die druk waaronder leiers hulself dikwels bevind, is hulle geneig om diegene wat hulle lei, sleg te behandel . . . of hulle ten minste af te skeep; nie hulle gevoelens in ag te neem; of genoeg aandag aan hulle te bestee om hul liggaamstaal korrek te lees nie.

Of jy nou ‘n leier is of nie, hierdie Woord van die Here is werklik belangrik:

Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het. (DB)

Eerlikheid en regverdigheid. Enigiemand wat onderworpe is aan die leierskap van ‘n ander, kan regtig nie vir meer vra nie. Alhoewel ek die bediening van Christianityworks wat FRESH en VARS produseer, lei, is ek onderworpe aan die leierskap van ‘n onafhanklike raad.

Ja, hulle hou my aanspreeklik en hulle vra moeilike vrae soos hulle veronderstel is om te vra. Maar hulle doen dit eerlik en met ‘n gesindheid van goedheid en regverdigheid. Dis hoe dit hoort en ek probeer met ‘n opregte hart diegene wat skouer aan skouer saam met my in die bediening werk, ook so te behandel.

Of jy nou ‘n leier is of nie, Christus roep jou om goed en regverdig op te tree teenoor diegene met wie jy werk – teenoor jou ondergeskiktes, jou eweknieë en ja, teenoor jou leiers. Hoekom dink jy dis wat jy moet doen?

Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.