... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Wat Ons Vooruit Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas.

Listen to the radio broadcast of

Die Wat Ons Vooruit Is


Download audio file

In hierdie vinnige, tegnologie-gedrewe wêreld waar jy jou aandete op jou foon kan bestel om dit binne ‘n halfuur by jou deur te laat aflewer, lyk dit of mense selde tyd neem om oor hul verlede te besin. Die goeie dinge, die dinge wat hulle gevorm het. . .

Vandag word “Graf-Skoonmaak-Dag” in die Chinese kultuur gevier. Dit klink vir ons ‘n bietjie vreemd. Maar tradisioneel herdenk die mense die lewens van hul ouers en grootouers wat reeds oorlede is, deur saam met familie na die begraafplaas te gaan en hul grafte te versorg en skoon te maak. Dit is ‘n tradisie waarin diegene wat oorbly, herinner word daaraan om nie die bron van hul goeie lewe en seëninge te vergeet nie.

Ek wonder hoe gereeld jy aan jou voorgeslagte dink; hulle wat die weg vir jou gebaan het en wat bygedra het om jou die persoon wat jy vandag is, te maak. Natuurlik was nie al hul insette goed nie, maar sonder twyfel was daar tog baie betekenisvolles. Kyk wat skryf die apostel Paulus aan Timoteus in:

2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur weer moet aanblaas.

Timoteus se ouma Lois en sy ma Eunice het ‘n groot invloed op die jong man se geloof gehad. Moenie diegene wat voor jou gegaan het, vergeet nie. Onthou wat hulle opgeoffer het sodat jy kan wees, wie jy vandag is. Eer hulle in jou hart.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.