... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Los Jou Dwaasheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 3:3,4 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn.

Listen to the radio broadcast of

Los Jou Dwaasheid


Download audio file

Nie een van ons hou daarvan om aan onsself as dwaas te dink nie en tog het ons almal al in ons lewens dwase dinge aangevang. En sonder uitsondering het ons daardie dinge gedoen deur ons eie sondige begeertes eerste te stel, alhoewel ons geweet het dis verkeerd. Ja, dit is ‘n beproefde resep vir dwaasheid.

Dit is goed om vriendelik te wees, maar soms haat jy. Dit is goed om te vergewe, maar jy kan vir jare lank ’n wrok dra. Dit is goed om eerlik te wees … maar wanneer die kassier by die betaalpunt vir jou te veel kleingeld gee, is dit maklik om dit net in jou sak te steek en uit te stap.

Maar ons weet tog dat ons sonde dwase gedrag is, want op die ou end sal ek en jy aan God rekenskap moet gee daarvoor. Dwaasheid inderdaad!

Titus 3:3,4 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn.

Iets kragtigs gebeur wanneer die goedheid en die liefde van God tot ons harte deurdring. In die volgende paar verse word ons vertel hoe ons sonde afgewas is; nie op grond van iets wat ons vir ons gedoen het nie, maar op grond van Jesus Christus, ons Verlosser, se genade. Hy maak ons nuut deur die Heilige Gees op ons uit te stort.

En hierdie genadige, reddende werk van God is die enigste teenmiddel teen die dwaasheid waarin ons so maklik vasgegryp word. Mag hierdie genadegawe gee dat jy ook jou dwaasheid aflê.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy