... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sien om na Ander se Behoeftes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine15:1-3 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou. Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, beledig ook vir My.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Sien om na Ander se Behoeftes


Download audio file

In hierdie moderne tyd waarin ons leef, sien jy soveel mense wat met groot lawaai op hul regte aandring. Die gevaar is dat dit ons ook kan beïnvloed om te dink dit is ons reg om sekere eise te stel. Maar moenie dink dat dit ‘n nuwe verskynsel is nie.

Reeds in die 1ste eeu n.C. toe die Christendom uit Judaïsme ontstaan het, was daar baie onenigheid onder hierdie nuwe Christene oor sake soos: Watter kos mag jy eet? Watter vleis is rein en watter is onrein? Mag jy wyn drink, of nie? En so was daar baie stryery.

Vandag is die meeste van daardie kwessies, vir die oorgrote meerderheid Christene, opgelos. Maar die saak wat die apostel Paulus in sy brief aan die Romeine hanteer, is die feit dat party van die Christene aangedring het op sekere nuutgevonde vryhede wat die geloof van ander gelowiges ondermyn het. 

Romeine 15:1-3 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou. Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, beledig ook vir My.” (NLV)

Wat sê hy hier? Selfs wanneer jy voel dat jy op iets geregtig is – ek bedoel wanneer jy oortuig is dat jy reg is – is ‘om reg te wees’ en die argument te wen, nie die einddoel waarna ons moet mik nie. Oorweeg eerder die impak van jou reg, waarop jy glo jy geregtig is, op jou buurman … al is jou buurman ook verkeerd.

Met ander woorde, God se boodskap aan ons is dit: moenie aandring op jou regte, indien dit iemand anders skade gaan berokken nie; Christus het nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie, maar eerder na die Kruis gegaan om vir jou sonde en myne te betaal.

Hou op om ander seer te maak deur jouself tevrede te stel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy