... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Rykdom van sy Heerlikheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.

Listen to the radio broadcast of

Die Rykdom van sy Heerlikheid


Download audio file

In ‘n wêreld wat al hoe meer welvarend word, word dit vir ons moeiliker en moeiliker om ‘n grens tussen ons behoeftes en ons begeertes te trek. Ja, en ons raak so maklik deurmekaar met die twee wanneer ons bid.

Waar ek woon, beskou die meeste mense ‘n warm stort as ‘n fundamentele mensereg. Hoe kan jy die dag daarsonder begin?

Dit was beslis my siening, totdat ek die eerste keer ware armoede teëgekom het in ‘n dorpie genaamd Halia in Indië. En toe weer, in ‘n melaatse kolonie in Tanzanië, toe ek koekies seep in die misvormde hande van mense wat vingers verloor het, geplaas het.

Daardie ervarings is geneig om jou onderskeiding tussen behoeftes en begeertes te verskerp. Maar in die afwesigheid van daardie soort duidelikheid, wonder ek of ons al te dikwels na God gaan en Hom smeek om in basiese behoeftes te voorsien, wanneer ons in werklikheid oor ons begeertes praat.

Die apostel Paulus het baie goed verstaan wat die onderskeid tussen sy behoeftes en begeertes was. Hy skryf hierdie woorde, uit sy dodesel:

Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV)

God voorsien in die behoeftes van sy mense. Ja, Paulus was in boeie. Hy is uiteindelik tereggestel. Hy is nou vir alle ewigheid in God se Teenwoordigheid.

Ons kan onsself soms in ons eie tronk bevind, en op daardie plek sal ons God ons elke behoefte ten volle bevredig. Nie op ‘n suinige manier nie, maar uit sy heerlike rykdom in Christus. Dis wie Hy is. Maar laat ons nie vir een oomblik ons behoeftes met ons begeertes verwar nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy