... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Weerspieëling van Jou Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:17,18 Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Listen to the radio broadcast of

‘n Weerspieëling van Jou Geloof


Download audio file

Ons geloof, joune en myne, bestaan nie in afsondering nie. Dit word beïnvloed deur ons omstandighede, die samelewing; en dít wat om ons aangaan. Ons geloof is veronderstel om deel van die alledaagse lewe te wees … en dit plaas ons in ‘n effense verleentheid.

Nouja, hier is die vraag wat ek dink ons onsself gereeld moet afvra: Is my geloof ‘n weerspieëling van my kultuur, my politieke sienings, my sosio-ekonomiese omstandighede, of weerspieël my geloof Jesus in die wêreld? Met ander woorde, hoe werk dit in my lewe?

Vir baie mense werk dit verkeerd om. Die geloof van baie Christene word méér deur politiek en geld gevorm as wat enigeen ooit sou wou erken. Wat dink jy? Hier is die manier waarop jou geloof veronderstel is om te werk:

2 Korintiërs 3:17,18 Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Met ander woorde, eerder as om deur heersende sosiale tendense en die vervalle moraliteit, wat daarmee gepaard gaan, gevorm te word, is ons veronderstel om deur God getransformeer te word om meer en meer soos Hy te wees. Ongelukkig gebeur die teenoorgestelde in baie Christene se lewe.

En as jy deur God getransformeer is, sal sy heerlikheid meer en meer, as ‘n weerspieëling van ons geloof, eerder as ‘n afgewaterde beeld van dít wat daar buite gebeur, uit ons straal. Ons wys vir almal die Here se heerlikheid, en ons word verander om soos Hy te wees.

Dit is hoe dit veronderstel is om te werk, en …

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy