... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Praat Openlik van die Kruis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 4:11,12 Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword. “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.”

Listen to the radio broadcast of

Praat Openlik van die Kruis


Download audio file

Die rede waarom ek doen wat ek doen; die ding wat my elke oggend uit die bed laat opstaan, is ‘n intense begeerte om soveel mense as moontlik van Jesus te vertel. Ongelukkig wil baie mense, ja, die meeste van hulle, nie van Jesus hoor nie.

Enigeen wat die wonder van God se genade in Jesus ervaar het, sal waarskynlik die begeerte hê om dit met ander mense te deel; sodat hulle ook die liefde van God in Jesus Christus kan leer ken.

Maar, het jy opgelet dat die meeste mense nie belangstel nie. Ons raak dan half desperaat en kom in die versoeking om die Evangelie af te water. Ons probeer dit ‘n bietjie minder bedreigend maak, deur al die dele van sonde en straf, en van vergifnis in Christus aan te pas. Dit is immers vir baie mense ‘n struikelblok. Dit was al van die begin af vir mense ‘n uitdaging.

Die apostel Petrus het in sy preek aan daardie selfde mense wat Jesus uit die pad wou hê; hulle wat Hom laat kruisig het, die volgende gesê:

Handelinge 4:11,12 Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword. “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.”

Baie mense het Jesus van die begin af verwerp. Maar die antwoord lê nie daarin om die Evangelie af te water en verbruikersvriendelik te maak nie.

Soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het: My liewe broers, moenie probeer om die Evangelie vir die vleeslike verstand verteerbaar te maak nie. Moet nie die gruwel van die kruis versag nie, want dan maak jy dit betekenisloos. Die seer en swaar van die Evangelie is die krag daarvan: om dit weg te laat, is om dit van sy krag te ontneem. Om dit te versag, sal nie die trefkrag verhoog nie, maar dit vernietig.

Mense sal die Goeie Nuus van Jesus verwerp, maar jy moet dit nooit afwater om hulle te probeer oortuig nie. Wanneer jy dit doen, beroof jy dit van sy krag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy