... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verwag Groot Dinge!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 126:1-6 Toe die Here die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom. Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen. ”Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde! Verander tog ons lot, Here, soos strome in die Suidland. Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai. Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.

Listen to the radio broadcast of

Verwag Groot Dinge!


Download audio file

Ek wonder of ons, wanneer ons bid, nie soms met baie lae verwagtinge na God gaan nie? Hoor Hy my regtig? Gee Hy waarlik om? Is Hy selfs daar? Lae verwagtinge inderdaad.

Moet my asseblief, nie verkeerd verstaan nie. Ek kom nie uit die “noem-dit-en-eis-dit” of “sê-dit-en-gryp-dit” skool van gebed nie, want in alle dinge is God soewerein; sy wil sal geskied. Nietemin is die Skrif vol voorbeelde van gebede met baie hoë verwagtinge. Hier is net een daarvan:

Psalm 126:1-6 Toe die Here die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom. Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen. ” Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde! Verander tog ons lot, Here, soos strome in die Suidland. Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai. Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra. (NLV)

Kyk, ek stel nie vir een oomblik voor dat God na ons pype moet dans of elkeen van ons grille en giere moet vervul nie. Dit sal belaglik wees. Tog skep daardie Psalm inderdaad hoë verwagtinge. Iets wat, die 19e eeuse, Suid-Afrikaanse prediker, Andrew Murray, eenkeer geskryf het, gee kosbare raad:

Word eers stil en aanbid God in sy heerlikheid elke keer voordat jy vir ander mense en sake wil intree. Dink aan wat Hy kan doen en hoe Hy dit geniet om die gebede van sy verloste mense te verhoor. Dink aan jou posisie en voorreg om aan Christus te behoort en verwag groot dinge.

Mag hulle wat met trane saai, sing van vreugde wanneer hulle oes inkom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy