... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Drie Fases van Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6:19-21 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

Listen to the radio broadcast of

Die Drie Fases van Lewe


Download audio file

Dit is ironies dat jou besittings jou baie maklik kan besit. Die dinge wat God vir ons tot ons voordeel en vir ons genot gegee het, oorheers dikwels ons lewens.

Hulle sê daar is basies drie fases in die lewe: om goed te begeer, goed bymekaar te maak en van goed ontslae te raak. As jy jonk is, het jy gewoonlik nie die geld om die goed wat jy regtig wil hê, te koop nie, en jy begeer dit. Ek onthou hoe ek as tiener graag ‘n transistorradio wou hê … dit was my droom vir . . .eendag.

Soos jy grootword, begin jy om die goed aan te skaf wat jy nog altyd wou hê en sommer nog so ‘n paar ander ou goedjies ook! Ditjies en datjies. Soveel besittings dat party mense stoorplek moet huur omdat dit nie alles in hul huise kan inpas nie.

En dan, in die laaste maande van jou lewe, soos ek onlangs vir my bejaarde ma moes doen, moet jy van alles ontslae raak. Sy het nie baie gehad nie, maar ons moes op die ou end ‘n sleepwa huur om die meeste daarvan na die stortingsterrein te neem. Weet jy waarvan ek praat? Het jy dit al gesien? 

Matteus 6:19-21 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

Dit is natuurlik lekker om ‘n paar dinge te hê. Party goed kan ‘n ware seën wees. Maar wanneer besittings jou uiteindelik besit, word dit ‘n vervloeking.

Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy