... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ken God se Wil

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 3:16,17 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.

Listen to the radio broadcast of

Ken God se Wil


Download audio file

Die enkele, grootste kwaal van Christene in baie dele van die wêreld, is ‘n gebrek aan Bybelkennis. Aan die eenkant smag hulle daarna om sy wil vir hulle lewens te ken. Aan die anderkant los hulle hul Bybels iewers op ‘n rak om stof te vergader.

Dit is ‘n groot aanklag teen Christene wat in vryheid lewe, dat hul broers, wat onder erge vervolging leef, en baie van hulle nie eers ‘n Bybel besit nie, die Bybel beter ken en stywer daaraan vashou, as hulle.

Ek onthou dat ‘n dosent in my Bybelkollege-dae, wat al meer as dertig jaar in die bediening was, vertel het, dat wanneer hy na ‘n nuwe gemeente geskuif het, hy altyd van die veronderstelling uitgegaan het, dat die vlak van Bybelkennis baie laag sou wees. En tot op daardie stadium was hy nog altyd reg. Dis tragies as jy daaraan dink, nè?

Kan ek jou vra, hoe goed is jou kennis van die Bybel? Hoe ‘n belangrike deel vorm dit van jou hart en jou verstand?

2 Timoteus 3:16,17 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.

Ons eie sonde is die grootste struikelblok om ‘n godvrugtige lewe; ‘n lewe van vrede en krag, van vreugde en diens, te lei. Dis die waarheid! Laat die Heilige Gees toe om deur die krag van die Lewende Woord jou lewe te transformeer.

Jy kan nie God se wil ken as jy nie sy Woord ken nie.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.