... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergewe Iemand Wat Berou Toon

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 17:1-4 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede. “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

Listen to the radio broadcast of

Vergewe Iemand Wat Berou Toon


Download audio file

Ons vermoë om te vergewe, joune en myne, is soos ‘n spier wat ons moet oefen sodat dit sterker kan word. Gelukkig leef ons in ‘n wêreld waar daar baie geleenthede is om te oefen.

Ons het die laaste paar dae oor sonde gesels op grond van wat Jesus self gesê het. Sy vertrekpunt was dat versoeking ‘n werklikheid vir ons almal is. Verder het Hy ons gewaarsku dat, wanneer ons toegee aan daardie versoeking, ons waarskynlik ander saam met ons sal afsleep, iets wat Hy inderdaad baie ernstig opneem.

Lukas 17:1-3  Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word. Wees dus self op julle hoede. 

En sy volgende punt is net so belangrik.

Lukas17:3 “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ‘n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

Jesus het aan die Kruis gesterf sodat ons vergewe kan word, sodat die ketting van sonde en die voortdurende gevolge daarvan, verbreek sal word. Dit is waarom vergifnis so ‘n groot ding vir God is. En dit is dieselfde wanneer iemand teen ons sondig. Wil jy daardie ketting breek? Wil jy keer dat die gevolge van hulle sonde uitkring?

Wanneer iemand teen jou sondig, berispe hom in elk geval en roep hom tot verantwoording. Maar wanneer hy om verskoning vra (al herhaal die siklus homself) … luister mooi na wat Jesus  sê… vergewe hom!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy