... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Sal ‘n Wêreld Sonder Liefde Lyk?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 13:1-3 Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Sal ‘n Wêreld Sonder Liefde Lyk?


Download audio file

Kan jy jou ‘n wêreld sonder liefde voorstel? Dis ‘n verskriklike gedagte, nè! Maar vir baie mense is dit nogal maklik en dit verg nie veel verbeelding van hulle kant af nie, want hul lewens is klaar sonder liefde.

Ongelukkig is daar vandag ontelbare mense in ons wêreld wie se mees basiese behoefte om geliefd te wees, nie vervul word nie. Hoekom? Omdat hulle omring word deur mense wat nie omgee nie. Mense rondom hulle is so behep met hulle eie dinge, wat dit ook al dit mag wees, en hulle is so gefokus daarop om hulle eie doelwitte te bereik, dat hulle niks liefde oor het om vir hulle medemens te gee nie.

Ek weet. Ek was vroeër een van daardie liefdelose mense. Ek was so op myself gefokus, dat ek tot hulle nadeel en tot my ondergang, geen liefde aan diegene rondom my betoon het nie. En in God se oë maak dit nie saak hoe suiwer en mooi jou doelwitte is, of hoe suksesvol jy hulle bereik nie, want sonder liefde is dit heeltemal waardeloos.

1 Korintiërs 13:1-3 Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Maak tyd om vir hierdie mense wat sonder liefde lewe, lief te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy