... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Bekommerd Wees Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Kronieke 7:13,14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Bekommerd Wees Nie


Download audio file

Op hierdie oomblik behoort alles wat tot op hierdie stadium in jou lewe gebeur het, tot die verlede. Jy kan nooit daarna teruggaan nie, maar jy kan toelaat dat dit by jou spook. Ongelukkig gebeur dit met baie mense! 

Ek weet nie of jy al ooit so daaroor gedink het nie, maar om jou oor die verlede te verkies, is ‘n vrugtelose vermorsing van energie en tyd. Daar is nie ‘n enkele ding wat in die verlede gebeur het, wat jy kan verander nie.

Dan is daar diegene wat hulle nie oor die verlede nie, maar oor hul toekoms bekommer. En of jou bekommernis oor die verlede, die hede of die toekoms is, dit lê jou uiteindelik lam. Dit keer jou om dié dinge wat jy moet doen, te doen. Ja, dit verhoed dat jy die oorvloedige lewe, wat Jesus vir jou kom gee het, ervaar. Nouja, wat is die antwoord?

2 Kronieke 7: 13,14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Dis reg. God laat verseker teëspoed in ons lewens oor ons kom. En wat moet ons daaraan doen? Ons moet bid en vir die Here vra wat sy wil is en wat Hy vir ons in hierdie situasie wil leer. Maar dan moet ons ophou met ons sonde (want teëspoed is dikwels ‘n gevolg van ons eie sonde).

‘n Wyse persoon het eenkeer gesê: bekommernis is ‘n gesprek wat jy met jouself voer oor dinge wat jy nie kan verander nie. Gebed is ‘n gesprek wat jy met God voer oor dinge wat net Hy kan verander.

Verneder jouself, bely jou sonde en bid. En draai weg van jou goddelose weë. God sal jou hoor.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy