... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Sal Jy Weet?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:22,23 Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: “Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Sal Jy Weet?


Download audio file

Jy moet altyd versigtig wees as iemand beweer dat hy die een of ander spesiale insig, wat niemand anders ontvang het nie, het. En tog, as Christene, is dít presies wat ons kry – dit is ‘n besondere openbaring van God self.

Op pad na die kruis, waar Hy gaan sterf om te betaal vir die sondes van die wêreld; vir jou sonde en myne, sodat ons vergewe kan word, sodat ons die ewigheid in sy Teenwoordigheid kan deurbring, het Jesus iets vreemd gesê; iets uitdagends; iets wat openbaring vereis. Hier is dit in:

Johannes 14:18,19 “Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog net ‘n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.

Met ander woorde, Jesus sê vir die dissipels dat Hy ‘n spesiale openbaring vir hulle het, terwyl ander mense dit nie sal hê nie: Dat hulle vir ewig by Hom sal lewe, terwyl ander nie sal nie. Kom ons kyk mooi hierna:

Johannes 14:22 Toe sê Judas (nie Judas Iskariot nie): Here, hoe sal U Uself aan ons bekend maak, maar nie aan die wêreld nie?

Goeie vraag. Dis ‘n baie goeie vraag.

Johannes 14:23 Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

Hoe leer ons dan vir Jesus regtig ken? Hoe ervaar ons Hom eerstehands? Die mense wat Jesus liefhet, neem alles wat Hy sê, baie ernstig op; die ander steur hulle nie daaraan nie. God die Vader en Jesus word op ’n baie intieme manier, deur die Gees, deel van die gehoorsame persoon, wat Hom liefhet, se lewe, wanneer Hy in sy hart kom woon en saam met hom lewe. 

Moet nooit in jou verhouding met Jesus die belangrikheid en die krag van gehoorsaamheid onderskat nie. Moet net nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy