... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maar dan Struikel Jy

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 18:25-27 Simon Petrus was nog besig om hom te staan en warm maak toe iemand vir hom sê: “Is jy nie tog ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit heftig ontken en gesê: “Nee, ek is nie!” Een van die hoofpriester se slawe, verwant aan dié een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou nie ook in die tuin saam met hom gesien nie?” Petrus het dit weer ’n keer heftig ontken en onmiddellik het die haan gekraai. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Maar dan Struikel Jy


Download audio file

Oor net ‘n paar dae sal ons daardie verskriklike dag, “Goeie Vrydag,” die dag toe Jesus in die openbaar aan die Kruis vasgespyker is, herdenk. Dis ondenkbaar dat dit destyds toegelaat is om te gebeur!

Dit was ‘n riller van ‘n dag. ‘n Onskuldige Man wat net goed gedoen het, is met lang spykers tussen sy speekbeen en ellepyp by elke pols en tussen tussen sy hakskeenspier en kuitbeen in elke been, teen ‘n houtkruis vasgeslaan. Daar het Jesus gehang. Hy het versmoor, aangesien sy tussenribspiere oor baie ure hul spierkrag; die vermoë om uit te sit en saam te trek, verloor het.

Hoekom het sy vriende nie vir Hom opgestaan nie? Waarom het hulle nie ‘n beroep op die Romeinse goewerneur, wat Jesus op die ou end onskuldig bevind het, gedoen nie? Die apostel Petrus het immers vir Jesus gesê: “Ek sal my lewe ter wille van U opoffer.”

Maar Jesus het geantwoord: “Ek verseker jou, voordat die haan môre-oggend kraai, sal jy drie maal ontken het dat jy My ken.”

Johannes 18:25-27 Simon Petrus was nog besig om hom te staan en warm maak toe iemand vir hom sê: “Is jy nie tog ook een van sy dissipels nie?”

Hy het dit heftig ontken en gesê: “Nee, ek is nie!”

Een van die hoofpriester se slawe, verwant aan dié een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou nie ook in die tuin saam met hom gesien nie?” Petrus het dit weer ’n keer heftig ontken en onmiddellik het die haan gekraai. (NLV)

Die geluid van daardie haan se kraai was sekerlik vir Petrus soos ‘n dolk in sy hart toe hy die Here se woorde onthou het. Dit is die dolk van ons mislukking. Dit is die dolk van ons sonde. Maar wag ‘n bietjie, die goeie nuus kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.