... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bepaal Jou Prioriteite

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 20:24 Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Bepaal Jou Prioriteite


Download audio file

Hoe gereeld evalueer jy jou prioriteite? Hoe gereeld weeg jy hulle in jou kop en hart op, om jou te help besluit watter van hulle bo aan die lysie behoort te wees? Wat moet ek vandag, môre en die volgende dag doen?

Die meeste mense bestee glad nie genoeg tyd daaraan om aan hul prioriteite te dink nie. Ja, hulle is te besig om te reageer op die probleme wat die lewe na hulle kant toe gooi. Hulle hanteer die op- en afdraandes van hul emosies, terwyl hulle dikwels net kop bo water hou. Klink dit bekend?

Die meeste van ons se eerste prioriteit is sekuriteit en oorlewing en die tweede is gemak. Ons wil almal veilig en gemaklik wees. Dit is die geykte weg wat ons volg en dikwels oorweeg ons nie eers ander moontlikhede nie, nie waar nie?

En wanneer die lewe rof raak kies ons, met skok en afgryse om ons eie bas te red. Maar dis nie wat die apostel Paulus gedoen het nie. Hy het ‘n ander stel prioriteite gehad:

Handelinge 20: 22,23  En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag.

 En dis presies wat in Jerusalem op hom gewag het. Wat het hom soontoe laat gaan? Hoe kon hy willens en wetens daarheen gaan as hy geweet het hy gaan in die tronk gegooi word?

Handelinge 20:24 Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien. (NLV)

My vriend, kry jou prioriteite in orde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy