... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag van ‘n Vraag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 19:16-18 Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?” Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord – jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.” Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?”(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Krag van ‘n Vraag


Download audio file

As die lewe net eenvoudig was … maar dit is nie eenvoudig nie. Die lewe is morsig, dit is kompleks. Mense se emosies, ons s’n inkluis, is wispelturig. Ons kom dikwels voor moeilike situasies te staan. Ja, die lewe is alles behalwe eenvoudig.

Wanneer laas het iemand jou geïrriteer of selfs seergemaak deur ‘n onsensitiewe reaksie? Wanneer laas het iemand die een of ander geykte opmerking gemaak toe jy in die knyp was en ‘n baie moeilike situasie met hom gedeel het? Hoe het dit jou laat voel?

Jesus was dikwels met moeilike kwessies gekonfronteer.

Matteus 19:16-18 Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”

Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord – jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.”

Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?” (NLV)

Die persoon het ‘n goeie vraag gevra. En wat was Jesus se reaksie? Hy het geantwoord deur ‘n vraag te vra, wat gelei het tot ‘n diepgaande bespreking van ‘n lewe-en-dood-kwessie. Hulle sê dat Jesus in die vier Evangelies– Matteus, Markus, Lukas en Johannes – 187 vrae gevra is. Hy beantwoord (dalk) agt van hulle. Hy het self 307 vrae gevra. Hy het dikwels gelykenisse vertel wat mense nie verstaan het nie. Hulle het seker huis toe gegaan en vir ander gevra : “Wat dink jy het Hy daarmee bedoel?”

Dit is so betekenisvol om vrae te vra – van onsself, van ander, van God se Woord. Dis ’n gewoonte wat die verbeelding ontsluit; wat die denkproses stimuleer; wat ‘n gesprek moontlik maak.

Soos iemand eenkeer gesê het, miskien gaan geloof daaroor om te leer om vrae te vra en na te dink daaroor. Hoe kan jou lewe verander as jy meer vrae aan God vra; as jy in die lig van sy Woord daaroor sit en peins? Moenie bang wees om Hom vrae te vra nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.