... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bewys Empatie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 6:34 Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy 'n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.

Listen to the radio broadcast of

Bewys Empatie


Download audio file

Die wêreld waarin ons leef is baie mededingend. Mense wil al die aandag op hulle gevestig hê. Mense dring aan op poste, op indiensneming, op bevordering, op erkenning. Ja, dit is ‘n luidrugtige, hoogs mededingende wêreld.

Natuurlik is nie almal so nie. Daar is baie mense wat glad nie so mededingend is nie. Maar die omstandighede, die kultuur waarin ons verswelg word, dwing ons dikwels om te baklei om vooruit te kom. Ons word geleer dat dit geregverdig is om mense uit te buit om te kom waar ons dink ons geregtig is om te wees.

Ons het baie koud en selfsugtig geword in ons menseverhoudings. En al die ure wat ons mors deur na daardie klein elektroniese skermpie in ons hand te staar, om uit die werklikheid te probeer ontsnap, vreet nog meer van ons tyd. Ag nee wat, ek het nie tyd om medelye met iemand te betoon nie. Dis totaal verregaande om dit van my te vra! Dit was egter nie die geval met Jesus nie:

Markus 6:34 Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy ‘n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie ‘n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.

Baie van die mense in daardie groot skare sou dieselfde spul wees wat, net ‘n bietjie later uitgeroep het: “Kruisig Hom, kruisig Hom!” En tog het Jesus medelye met hulle gehad. Hy het hulle as skape sonder ’n herder gesien, as mense wat deur hul godsdienstige leiers op ’n dwaalspoor gelei is.

Ek dink ‘n mens sonder deernis, is sekerlik die aakligste ding wat ek en jy ooit sal sien.

In hierdie materialistiese, mededingende wêreld sal mense jou van tyd tot tyd sleg behandel. Hulle kan selfs verskriklike dinge aan jou doen.

Maar wees Jesus vir hulle. Behandel hulle met deernis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy