... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Dapper

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 4:14-16 Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wees Dapper


Download audio file

Wat hou die toekoms vir jou in? Ek is seker jy het alreeds goeie planne gemaak vir die jaar wat voorlê. Ons het tog almal. Maar dalk is daar ook ‘n paar onweerswolke op die horison; ‘n paar ontstellende dinge wat kommer oor die dag van môre wek.

As jy al ooit die Evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes oor Jesus se lewe en bediening gelees het, sal jy ongetwyfeld, nes ek, verstom staan oor sy verbasende wonderwerke, sy kragtige prediking, sy dood en opstanding.

Maar het jy al ooit uit sy perspektief na daardie dinge probeer kyk? Kom ons probeer: Ja, Hy het probleme gehad, baie van hulle. Hy het teenstand gekry van die duiwel en sy demone, van die godsdienstige leiers … selfs van die skares wat sy mag aanskou het. En dit is waarom jy Hom met jou toekoms kan vertrou.

Hebreërs 4:14-16 Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word. (NLV)

Jesus het soveel gely – elke versoeking, elke teëspoed wat ek en jy ooit sal moet trotseer en nog ‘n paar wat ons hopelik nie sal oorkom nie. Hy verstaan dus presies hoe ons voel wanneer ons teëspoed beleef. En daarom – daarom – kan ek en jy in ons uur van nood, met groot vrymoedigheid voor sy troon kom om sy guns te ontvang en om sy genade te ontdek. Jy kan jou toekoms aan Jesus toevertrou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy