... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Here Gee Jou Krag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Habakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

Listen to the radio broadcast of

Die Here Gee Jou Krag


Download audio file

Ons benodig krag, spoed en behendigheid om probleme te hanteer. Dit is wat ons nodig het wanneer dinge teen ons draai, wanneer twis, verwarring en pyn uit alle rigtings ons bedreig. 

Gister het ons in die Ou Testament gesien hoe die profeet Habakuk, ten spyte van teleurstellings, sy vreugde in die Here vind. In sy gebed leer hy ons dat wanneer al die goeie dinge wat ons vir onsself beplan het, tot niet gaan, God ‘n strategie het om ons oorwinning oor ons omstandighede te gee. Juis in die aangesig van jou teëspoed gee die Here jou die krag om met jou koersvaste geloof in Hom, bly te wees en te juig oor God, jou Verlosser. 

In die volgende vers lees ons van die uitkoms van Habakuk se uitdagende, koersvaste geloof. Hy getuig van God se genade wanneer hy die Here in die aangesig van die droewige dinge, wat met hom gebeur, prys: 

Habakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

Waar kom hierdie krag vandaan? Is dit iets wat jy uit die niet moet optower? Nee, my vriend! Die Here, jou Here, gee jou die krag. Hy help jou om soos ‘n ribbok te hardloop en Hy lei jou veilig op die berge.

Stel jou net voor hoe die ribbokke, wat rats oor klowe en skeure spring, die veiligheid van die bergtoppe bereik. Dit is ‘n prentjie van spoed, krag en vaardigheid. Wie het Habakuk se donker dae oor hom laat kom? God het.

Wanneer ons nie kan nie, kan God. Wanneer ons swak is, is Hy sterk. En dit is die krag, die spoed en die vaardigheid wat Hy – selfs in ons donkerste dae, of nouja, veral in daardie donker dae – sal gee aan diegene vir wie Hy lief is.

Here God, gee my krag. Help my om soos ‘n ribbok oor daardie bergtoppe te hardloop.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy