... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Laat God Die Beplanning Doen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 16:3 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Laat God Die Beplanning Doen


Download audio file

Ons dink graag hierdie tyd van die jaar oor ons verwagtings, drome en planne vir die jaar wat voorlê. Miskien sal dinge hierdie jaar anders wees; miskien sal dinge verbeter en miskien daag die Here uiteindelik op!

Dit is die natuurlikste ding in die wêreld, om gedurende die eerste paar dae van die jaar, entoesiastiese planne te beraam en groot dinge te bedink. Gaan hulle hierdie jaar tot vervulling kom? Wie weet, mog’t troffe?

Nouja, nadat ons die drome en plannetjies mooi bedink en uitgesorteer het, kan ons hulle veilig parkeer en voortgaan met ons lewens. So verdwyn daardie hoop, drome en planne in ‘n oogwink op die agtergrond terwyl die besig-wees van die lewe oorneem. Maar sê nou dit was nooit veronderstel om so te wees nie?

Spreuke 16:3 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. (NLV)

Daardie vers word dikwels verkeerd gelees, of ten minste, verkeerd onthou. Mense sê: “Laat jou planne aan die Here oor”. Maar dis verkeerd, eintlik sê dit: Alles wat jy doen – met ander woorde: Wy elke dimensie van jou lewe aan die Here – jou dade, jou optrede, dié dinge wat jou tyd in so ‘n mate in beslag neem, dat jy die fokus op jou drome, jou hoop en jou planne verloor.

Hier’s die antwoord! Wy dit aan die Here toe en jy sal sy seën beleef.

God sê vir jou en my dat deur ons lewens ten volle toegewyd aan Hom te leef, deur Hom met ons hele hart te dien, ons drome, hoop en planne nie op die agtergrond sal verdwyn nie, maar deur Hom tot vervulling sal kom. Kom ons herhaal dit:

Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy