... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Omhels die Nuwe Jaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.

Listen to the radio broadcast of

Omhels die Nuwe Jaar


Download audio file

Nouja, wat is jou planne vir die jaar wat voorlê? Is dit goeie planne wat ‘n gevoel van afwagting in jou hart wek? Of is daar ‘n ‘n donker wolk wat oor jou hang as jy net daaraan dink?

Daar is twee soorte planne wat ons kan hê; twee maniere om na die toekoms te kyk: positiewe planne wat ons met selfvertroue en oorgawe kan aanpak, en negatiewe planne (as ek dit so mag noem), waar die gevoel van onsekerheid verander in een van moedeloosheid en mislukking.

Maar soms werk dinge nie uit soos ons beplan nie. Ons goeie planne loop skeef of die slegte dinge wat ons gevrees het, gebeur nie. Nouja hoe omhels jy die jaar wat voorlê met al daardie onsekerheid? Hoe berei jy jouself voor met ‘n realistiese verwagting vir enige gebeurlikheid? Wel …

Jakobus 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.

Daar het jy die antwoord: moenie op jou eie wysheid staatmaak nie. Moenie spog of daarop reken dat jy jou mantel na die wind kan draai nie. Moenie op jou eie wysheid staatmaak nie, maar lê dit alles voor God se voete neer. Hy weet alles. Hy is altyd getrou. Hy het jou onbeskryflik lief.

“As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy