... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Druppel in die Emmer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 4:37-39 Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.

Listen to the radio broadcast of

‘n Druppel in die Emmer


Download audio file

Of ons dit nou wil erken of nie, hoe oulik en sterk ons ​​ook al dink ons is –  een of ander tyd gaan dit voel asof die lewe ons oorweldig. Dit gebeur met ons almal. Die vraag is: wat dan?

Het jy al die stories gehoor van mense wat in ‘n vaatjie by die Niagara-waterval afgaan? Dit is net ’n storie, totdat jy dit sélf sien. Ek was onlangs daar en het gesien hoe die krag van 345 000 liter water per sekonde, oor die rand stort. Dis net ongelooflik.

Toe ek daar staan ​​en kyk na hierdie ontsaglike skouspel, plaas ek myself in my gedagtes, in daardie vat. Dit was vreesaanjaend! Maar weet jy, soms voel die lewe so. Dit voel asof jy in hierdie maalstroom van bruisende water oor die rand van ‘n waterval gejaag word, en daar is absoluut niks wat jy daaraan kan doen nie. Toe ek daar by die Niagara-waterval staan ​​en nat word van die sproei, het ek hierdie verhaal onthou:

Markus 4:37-39 Skielik het daar ‘n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom.

Op daardie oomblik het ek onthou dat die Niagara-valle met al sy krag en wreedheid in vergelyking met die krag van my God, wat die heelal geskep het, slegs ‘n druppel in die oseaan is.

Terwyl jy miskien eendag op pad is na ‘n situasie wat vir jou voel asof jy in ‘n vat oor ‘n waterval stort, moet jy onthou dat op Sy bevel die wind sal stop, en die see kalm sal word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.