... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Stink Boemelaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 2:1-4 My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Listen to the radio broadcast of

Die Stink Boemelaar


Download audio file

Sommige dinge in die lewe is nie eenvoudig nie. Hierdie oplossing lyk reg en daardie een verkeerd. Gmf. . .  Ongelukkig is alles nie so simplisties nie … Wat sê jy?

Was jy al ooit in die kerk toe ‘n stinkende, hawelose ou instap en in die ry voor jou gaan sit? Ek is ernstig – hy stink regtig. Wat doen jy? Gaan jy die hele diens agter hom sit? Moet jy op ‘n ander plek gaan sit? Ek het al selfs gehoor van kerke waar daardie stinkende man gevra word om agter te gaan sit, waar die reuk niemand sal pla nie.

Dit is nie so maklik nie, is dit? Aan die een kant wil jy die ‘Christelike ding’ doen, maar aan die ander kant stink hy so, dat ‘n mens naar wil word!

Jakobus 2:1-4 My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms ‘n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook ‘n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak ‘n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Die Jesus wat ek ken, het verkies om ‘n Jood te wees, een van die mees vervolgde rasse in die hele geskiedenis. Die Jesus wat ek ken, het verkies om gereeld met mense soos die stinkende ou te assosieer, eerder as met die een wat kerk toe kom en hoog heilig lyk.

God het daardie stinkende ou meer lief as wat woorde ooit kan sê. Moenie oordeel nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.