... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sonde is Dodelik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:15,16 Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.

Hoe ouer jy word, hoe meer dink jy aan die dood. Weet jy, noudat ek met ‘n hele spul grys hare kan spog, is die die einde van hierdie lewe deesdae vir my ‘n baie groter realiteit, as wat dit byvoorbeeld twintig jaar gelede was.

Dis nou vir jou ‘n vrolike gedagte, nè? Toemaar, ek spot net. Maar natuurlik, het die dood vir almal wat in Jesus glo sy oorwinningskrag verloor. In Christus word die dood vervang met die ewige lewe.

Waarom is dit dan dat so baie mense, wat hulself “Christene” noem, soos wandelende dooies lyk? Aan die een kant glo hulle in Jesus, maar aan die ander kant is daar geen glans in hulle oë nie; daar is geen lewenskrag en doelgerigtheid nie – dis asof die ewige realiteit van Christus se Teenwoordigheid niks vir hulle beteken nie.

Die antwoord is dat hulle sonde … hulle vernietig.

Romeine 6:15,16 Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.

Hoe jy dit ook al gerieflikheidshalwe wil interpreteer en weg redeneer, met die verskoning dat dit ís wie jy is, moet jy weet sonde is nooit … nooit … ‘n klein dingetjie nie. John Owen het in sy 17e eeuse boek “Of the Mortification of Sin” so gestel: Maak jou sonde dood, of dit sal jou doodmaak. Luister …

Jy het die keuse. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.