... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Opstandingskrag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 1:16-20 ... Ek ... vra dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken... Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Opstandingskrag


Download audio file

Ons het die afgelope paar dae gesels oor die oorwinning oor sonde – en onthou, dit beteken om die oorwinning oor sonde wat Jesus vir ons aan die kruis behaal het, uit te leef. Ons het ook gesien dat ons krag nodig het, om dit te doen. Ware krag.

Wanneer ons van ware krag praat, raak menige Christen moedeloos omdat dit nie vir hulle ‘n realiteit is nie. Ons wil so graag uit dankbaarheid vir dít wat Jesus gedoen het, vir God eer, maar tog swig ons weer en weer voor dieselfde sonde.

Dis nogal ‘n dilemma. So baie mense – miskien die meeste – kom tot die gevolgtrekking dat hulle nooit die krag sal hê om die oorwinning wat Jesus belowe het, uit te leef nie. Nou ja, ek is hier om jou vandag, namens Hom, te vertel dat dit nie waar is nie.  Kyk na Paulus se gebed in:

Efesiërs 1:16-20… Ek … vra dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken… Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. (NLV)

Met ander woorde, jy het reeds meer krag as wat jy ooit sal nodig hê. Opstandingskrag. Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het. Die einste krag wat jy nodig het om die vryheid oor die sonde, waarna jy smag, te kry.

En weet jy, daardie krag word ‘n werklikheid wanneer ons kies om die Woord van God bo die duiwel te glo. Dis waar die krag lê: In God se Woord deur Sy Gees. Want waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

Glo net! Die krag is reeds joune.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.