... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gehoorsaam Gesag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here.

Listen to the radio broadcast of

Gehoorsaam Gesag


Download audio file

Om ‘n moeilike baas te hê is ‘n baie frustrerende en selfs pynlike situasie. As ons sê ‘eienaar of baas,’ praat ons hier van ‘n gesagspersoon in jou lewe, hetsy ‘n ouer, of ‘n baas of wie ook al, met wie jy nie saamstem nie. Hoe hanteer jy dit?

Ja, ek weet ons hanteer dit dikwels glad nie goed nie. Ons hou nie daarvan nie, eintlik haat ons dit as mense met gesag besluite neem waarvan ons nie hou nie. Dit maak nie saak of dit die regte besluit, of ‘n verkeerde een was nie. As ons nie met die persoon saamstem nie, is ons geneig om verkeerd op te tree.

Een van die mees algemene reaksies is om te besluit dat jy net jou energie mors as jy nie waardeer word nie. Ek sal hom leer! Ek sal net nie meer so hard werk nie. En so word ‘n futlose; ledige; ‘n passief-aggressiewe gedrag gevestig. Só word ‘n werkplek toksies.

Maar, sê my, is passief-aggressiewe gedrag die regte gedrag vir iemand wat hulleself ‘n Christen noem?

Kolossense 3:22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ‘n opregte hart uit eerbied vir die Here.

In alles en hier op aarde selfs as hulle jou nie kan sien nie … selfs as hulle jou nie goed behandel nie? Daar is geen loskom-kans nie. Daar is geen ontsnappingsklousule wat sê dat jy slegs moet gehoorsaam wanneer jy saamstem nie. Hoekom?

Want jy moet die gesagspersoon, wat oor jou aangestel is, eerlik uit eerbied vir die Here dien.

Jy is ‘n kragtige getuie van God se liefde as mense sien dat jy onder moeilike omstandighede die regte ding doen; selfs as jy onregverdig behandel word, selfs as jy nie lus voel om saam te werk nie.

…wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word nie,

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.