... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Begeertes van Jou Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 20:1-5 Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. Mag Hy al u graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Sela. Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.

Listen to the radio broadcast of

Die Begeertes van Jou Hart


Download audio file

Miskien gaan jy op hierdie oomblik deur die een of ander moeilike situasie; ‘n uitdaging of ‘n beproewing. Wat jy nodig het, is dat God jou sal help. Nou ja, vandag bid ek dat Hy presies dít vir jou sal doen.

Koning Dawid was seker die grootste koning wat Israel nog gehad het. Hy het ‘n baie moeilike lewe gehad. Sy stryd was nie slegs teen sy voorganger, Saul, wat hom probeer doodmaak het nie. Leërs het hom bedreig. Selfs sy eie seun het probeer om sy lewe te neem. Sy eie seun!

Ja-nee, David kon getuig van baie moeilikhede. En daarom moet ons werklik aandag gee en luister as hy vir jou en my bid.

Psalm 20: 1-4 Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. Mag Hy al u graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Sela. Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.

Ek weet Dawid verwys hier na dinge wat buite ons verwysingsraamwerk val, soos ‘heiligdom’, ‘offers,’ ‘Sion’. Maar wat Dawid hier doen, is dat hy, geïnspireer deur God die Heilige Gees, vir ons bid; ja, vir jou en vir my.

Dit is God se Woord en daar is krag in die Woord. Regte krag. Laat daardie Woord, daardie krag, jou bemoedig in jou dag van benoudheid. Mag die Heilige Gees sy vertroue en sy beskerming vir jou ‘n werklikheid maak.

Die Here antwoord jou in die dag van benoudheid! Die naam van God beskerm jou. Mag Hy sy hulp en sy onderskraging vir jou stuur. Mag Hy al die opofferings wat jy ter wille van Hom langs die pad gemaak het, onthou. Mag Hy vir jou jou hartsbegeertes gee en al jou planne laat slaag. Halleluja!

Vriend, dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.