... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Het Ek Regtig Redding Nodig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:10 En nou het Hy dit alles aan ons duidelik gemaak deur die koms van Christus Jesus, ons Verlosser, wat die mag van die dood verbreek het en aan ons, deur die Goeie Nuus, die weg gewys het na die onverganklike lewe. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Het Ek Regtig Redding Nodig?


Download audio file

Oor ‘n paar dae sal ons Kersfees, die koms van ons Verlosser na hierdie wêreld, vier. Maar dit laat die vraag ontstaan, ‘n vraag wat baie mense hulself afvra: Het ek regtig Jesus se redding nodig?

Ek het onlangs met ‘n bejaarde vrou gesels, en ek het haar gevra: “Wat glo jy sal met jou gebeur wanneer jy sterf?” Sy het bra onseker gereageer…

Wel, ek is nie seker of ek goed genoeg is om hemel toe te gaan nie. Miskien is ek, miskien nie. Ek hoop …

Ek was ontsteld en het hierdie kragtige waarheid dadelik met haar gedeel:

2 Timoteus 1:10En nou het Hy dit alles aan ons duidelik gemaak deur die koms van Christus Jesus, ons Verlosser, wat die mag van die dood verbreek het en aan ons, deur die Goeie Nuus, die weg gewys het na die onverganklike lewe.

Wat het Jesus – ons Verlosser – gekom om te doen? Hy het gekom om die dood te vernietig en om ons die weg te wys om ‘n nuwe lewe te hê … ‘n lewe wat nie vernietig kan word nie.

Luister na my. God het nie die weegskaal van geregtigheid in sy hand nie. Hy weeg nie jou goeie dade teen jou slegtes op, om te sien na watter kant toe die skaal vir jou sal kantel nie. Nee, my vriend!

In plaas daarvan het Hy sy Seun, Jesus, gestuur – dit is tog waaroor Kersfees gaan – om jou sonde op Hom te plaas. Jesus is namens jou aan die kruis gestraf, sodat, indien jy in Hom glo, jy die vrye gawe van die ewige lewe kry. Kry jy dit verniet? Bloot omdat jy glo? Ja, dis reg: Jesus het gekom om jou dood op Hom te neem en vir jou ‘n lewe te gee wat nie vernietig kan word nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.