... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hierdie Mal Plan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 1:29-35 Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken. “Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!” Maria het vir die engel gevra: “Maar hoe kan ek ’n kind hê? Ek was nog nooit by ’n man nie.” Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hierdie Mal Plan


Download audio file

Hoe vier ons deesdae “Kersfees”? Ons vier dit met bome, blink versierings en kalkoene. En dit is op sigself redelik vreemd. Maar miskien doen ons dit, omdat die hele viering van Kersfees so vreemd is.

My vermoede is, dat Kersfees wat in ons tyd in so ‘n wêreldse fees verander het, nie vir die gemiddelde mens sin maak nie. Maar dit behoort ons nie te verbaas nie. Dit het ook nie vir Maria sin gemaak nie:

Lukas 1:29-35 Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken. “Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!” Maria het vir die engel gevra: “Maar hoe kan ek ’n kind hê? Ek was nog nooit by ’n man nie.” Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word. (NLV)

Ja, dis inderdaad verwarrend nè? Maar ons lees dat God se gedagtes nie ons gedagtes is nie. Sy weë is ook nie ons weë nie. Hy doen dinge op onverwagte maniere, maar dit is geen rede om te verval in ‘n gemaklike, Christus-lose Kersfees nie.

Die Goeie Nuus is dat Jesus vir jou gekom het. Hy het op so ‘n onverwagse manier gekom en so ‘n onverwagse ding kom doen. Hy het gekom om jou van jou sonde te red. Ja, en nog meer: om vir jou die geskenk van die ewige lewe te gee. Glo in Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.