... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vrylating vir die Gevangenes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:29,30 Daarom is ek nou met blydskap vervul. Hy moet meer word en ek minder.

Een van die dinge wat Jesus gesê het wat Hy hier op die aarde kom doen het, was om die gevangenes vry te laat. Nou ja, die meeste van ons het nog nooit aan onsself as gevangenes gedink nie, of hoe?

Wel, wat van jou? Hoe klink die idee dat Jesus vir jou uit jou gevangenskap kom vrylaat het? As jy my daardie vraag gevra het voordat Jesus aan my deur kom klop het, sou ek gesê het dit is nie van toepassing op my nie. Maar as jy my vandag dieselfde vraag vra, sal my antwoord wees: Hallejuja, dankie, Jesus!

Want die grootste ding waarin ek vasgevang was, was my ego, my gevoel van selfbelang, my begeerte om goed geag en bewonder te word. En dan ook daardie oorheersende begeerte om populêr te wees, om mense te betower met my briljantheid. Dit was ‘n aaklige ding wat uiteindelik my lewe verwoes het.

Jesus se neef, Johannes die Doper, was ‘n man wat groot skares kon lok. Hy was ‘n rare woestynbewonende, kameelhaardraende, sprinkaan- en heuningetende vreemdeling. Maar die hand van God was op hom om die harte van mense voor te berei om Jesus te ontvang om letterlik, die weg vir die Here voor te berei.

Maar toe Jesus op die toneel verskyn, het die skares Johannes begin verlaat en na Jesus gestroom. Dit het Johannes se dissipels eindeloos ontstel. Hulle het na hom toe gegaan en gekla – Haai, hierdie Jesus ou is besig om al die aandag van jou af weg te neem. Wat gaan ons doen? Maar kyk, dit is hoe Johannes hulle geantwoord het:

Johannes 3:29,30 . . . Daarom is ek nou met blydskap vervul. Hy moet meer word en ek minder.

En dit, dit is hoe die lewe van ‘n Christus-volgeling moet lyk. Dit maak nie saak in watter uithoek van die wingerd die Here ons laat werk nie, dit gaan nie oor ons nie. Dit gaan oor Hom. En wanneer al die eer aan Jesus toekom, dan word ons uiteindelik uit ballingskap bevry.

Hy moet meer word en ek minder.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.