... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

“Seun, Daar is Geen Kortpaaie Nie”

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 6:1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

Listen to the radio broadcast of

“Seun, Daar is Geen Kortpaaie Nie”


Download audio file

Hoe meer verbruikers-geöriënteerd die wêreld word en hoe meer keuses ons het, hoe minder sien ons uitnemende diens. Gevolglik word die versoeking baie groot, dat ek en jy ook sommer afskeepwerk doen en so aanpas by die wêreld se verlaagde standaarde, eerder as om met ‘n gesindheid van uitnemendheid te werk.

Ek moes as kind elke Saterdagoggend my slaapkamer skoonmaak. Ek het afgestof, gestofsuig, opgeruim – selfs my klerekas en laaie reggepak. Sodra ek klaar was, het my pa die resultaat kom inspekteer.

Om eerlik te wees, was die versoeking baie groot om af te skeep, vinnig klaar te maak en buite te gaan speel. Maar my pa het sy voet neergesit. As daar nog ‘n paar donsies op die mat was, moes ek dit weer stofsuig. Ek het dit gehaat. Hoekom moes ek dit doen?

Nou, baie jare later, verstaan ​​ek heeltemal waarom my pa daarop aangedring het. Hy het my geleer wat uitnemendheid beteken. My pa is lankal oorlede, maar ek kan hom nog hoor sê: “Seun, daar is geen kortpaaie nie.”

Ongelukkig neem so baie mense deesdae, oral waar hulle kan, kortpaaie. En kom ons erken dit maar, baie Christene doen dit ook. Maar dan was daar Daniël, die ou van die leeukuil en sy koning… Hulle geskiedenis vind ons opgeteken in:

Daniël 6: 1-4 Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

Die genade van God is nie ‘n verskoning om jou werk af te skeep nie. Christen-wees is nie ‘n verskoning om minder werk te doen nie. Uitnemendheid is ‘n eienskap van God, dié God na wie se beeld ek en jy gemaak is.

En onthou: “Seun, daar is geen kortpaaie nie.”

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.