... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Dapper te Word

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

Listen to the radio broadcast of

Om Dapper te Word


Download audio file

Dapperheid is die vreemdste ding. Ons bewonder dit in ander mense; ons wil dit almal hê; ons wil hê dat ander mense moet dink ons is dapper, en tog is dit iets wat ons hoop ons nooit op die proef  sal hoef te stel nie. Want as jy dapper moet optree, beteken dit dat iets wat sleg is met jou gebeur.

Kan ek jou vandag vra om die gesig van die dapperste persoon in jou lewe in jou geestesoog te sien? Die persoon wat met talle onverdiende uitdagings gekonfronteer was, en tog volhard het, en daardeur ‘n baie beter persoon geword het.

Wie is daardie persoon in jou lewe? En as jy een woord moet gebruik om te beskryf hoe jy hom of haar sien, wat sou daardie woord wees? Vir my is dit “bewondering”. Ons bewonder dapper mense. Maar as ons onsself met daardie persoon vergelyk, sien ons onsself as lafhartig.

Wat is dapperheid? Martin Luther King Jnr. het dit so gestel: Dapperheid is ‘n innerlike besluit om ondanks struikelblokke en angswekkende situasies deur te druk.

Wanneer jy deur hindernisse en skrikwekkende situasies gekonfronteer word, voel ons nie so dapper nie, nè? Sê my, waar kry jy dapperheid? Hoe kan jy onverskrokke wees as jou broek bewe?

Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

Let op die twee dinge: Eerstens beteken die woord ‘vertrou’ in die oorspronklike Hebreeus om met ‘n gevoel van afwagting, geduldig, op die Here te wag. Tweedens, ‘hou goeie moed.’ Hou moed? Waar kry ek dit? Van die Here jou God.

Jou God is die Koning van die konings en die Here van die here en Hy is gereed om jou te bemagtig. Wag geduldig met vertroue op Hom.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.