... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Waarheid oor Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 6:1 Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Waarheid oor Genade


Download audio file

Die afgelope paar dae het ons oor die waarheid gepraat. God se Waarheid. Maar selfs Christene gebruik dikwels sy waarheid op so ‘n manier soos ‘n wapen, dat dit verwoesting saai, eerder as om genesing te bring.

Waarheid sonder genade is ‘n gevaarlike ding. En ongelukkig sien jy al te dikwels hoe “Christene” sonder genade oordeel. ’n Man vir wie ek baie respek het, Carey Nieuwhof, stel dit so:

Jesus het gesê Christene moet bekend staan as mense wat innig liefhet. Maar studies toon dat ons in die oë van baie nie-Christene bekend staan as mense wat ongenadig oordeel. Die probleem is dikwels nie dat ongelowige mense geen Christene ken nie. Die probleem is dat hulle wél Christene ken. En dat hulle goeie rede het om nie van ons te hou nie.

As dít ons nie laat regop sit en kennis neem nie, weet ek nie wat sal nie. Hy sê verder: Verwyder genade van die waarheid en jy het eintlik glad nie die waarheid nie, maar ‘n koue, klipharde namaaksel.

Hoe maklik, hoe ongelooflik maklik, is dit nie vir ons om in ‘n gees van veroordeling, op mense neer te sien en te dink dat ons die regte ding doen nie?

Galasiërs 6:1 Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. (NLV)

Sê my: Wat is jou eerste reaksie wanneer jy sien iemand doen iets wat jy weet absoluut verkeerd is? Is dit om hulle te veroordeel, of is dit om hulle in ‘n gees van sagmoedigheid te help??!

Laat ek dit weer sê: wanneer ons genade uit die waarheid verwyder, het ons nie meer waarheid nie, maar ‘n koue, klipharde namaaksel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.