... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Groot Soewereine Oplossing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:5-7 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.

Wellus is ‘n woord wat ons nie gereeld in ons alledaagse taal gebruik nie. Hoekom nie? Want dit is ‘n veroordelende woord. Dit impliseer dat sommige van ons begeertes – laat ons dit maar openlik sê – verkeerde begeertes is. Seksuele begeertes. Ja, dis ‘n baie konfronterende woord.

Ons het onlangs gesels oor die vernietigende effek van sonde en hoe dit ons beroof van die oorvloedige lewe wat Jesus vir ons kom gee het.

Nou ja, ons kan daaroor praat totdat die perde eendag horings kry, maar dit is net die krag van die Kruis van Christus wat jou werklik kan bevry van die mag, wat ons ou sondige self oor ons het. Kom ons kyk hoe dit werk:

Romeine 6:5-7 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.

Wat ‘n belofte. Sien jy? Christus kan ons vrymaak van die beheer wat sonde in ons lewens het. Maar hoe gebeur dit? Hoe word dit ‘n werklikheid in ons lewens? Kom ons kyk weer na John Owen se weergawe van sy 17de eeuse klassieke boek, “Of the Mortification of Sin”:

Fokus jou geloof op Christus vir die uitwissing van jou sonde. Sy bloed is die groot soewereine geneesmiddel vir sonde-siek siele. Leef met hierdie waarheid, en jy sal as oorwinnaar sterf; ja, jy sal deur die wonderlike voorsienigheid van God lewe, om die sonde van jou wellus dood aan jou voete te sien lê.

Daar is dit. God se soewereine middel vir ons sonde. Geloof in die bloed van Christus laat ons verkeerde begeertes dood aan ons voete lê.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.