... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Dinge Nog Slegter Gaan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 37:5 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Dinge Nog Slegter Gaan


Download audio file

Die meeste van ons is heeltemal tevrede om te aanvaar dat God almagtig, alwetend en liefdevol is …  totdat … dinge in ons lewe skeef loop. As ons eerlik wil wees, begin ons maklik op daardie stadium twyfel. Ek het ‘n rukkie gelede iets gelees wat my laat dink het: “Glimlag en wees gelukkig – dinge kon erger gewees het.” Toe glimlag ek en ek was gelukkig. En dinge het toe voorwaar nog erger geword. Ek dink ons hoop almal dat dinge beter gaan word, maar dan gebeur dit soms dat dit net slegter gaan. Ons toekoms lyk soms so duister dat ons nie weet watter kant toe ons moet draai nie. En dan dink ons, ​​ons moet alles self regmaak. Maar ons kan nie. Die feit dat ons dit nie verstaan nie en die feit dat ons nie self die oplossing kan vind nie, maak dit nog erger. Ek wil jou van Job in die Ou Testament vertel. Hy was ‘n man wat  deur God self as goed en eerlik bestempel is, ‘n man wat God gerespekteer het en die kwaad vermy het. Tog het daar verskriklike dinge in sy lewe gebeur wat hy glad nie kon verklaar nie. Hy was  aanvanklik ‘n vermoënde en geseënde man, maar toe het hy bykans alles verloor. Hy het geen idee gehad, waarom die verskriklike dinge oor hom  gekom het, hoe lank dit sou aanhou en waar dit sou eindig nie. Job 37: 5 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie. Is dit nie waar nie!  Soms doen God dinge wat ons eenvoudig nie kan verstaan ​​nie. Wie weet? Miskien sal Hy ons eendag ‘n verduideliking gee, miskien ook nie! Maar wees verseker daarvan, dat wanneer jy swaarkry, God groot en magtige dinge doen. Wanneer dinge nie sin maak nie, vertrou net op Hom. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge