... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vorentoe!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:18-20 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.

Listen to the radio broadcast of

Vorentoe!


Download audio file

Hoe weet jy of jou geloofslewe op die regte spoor is? Wat sal vir jou wys of jy na Jesus op pad is … of in die teenoorgestelde rigting? Adolf Hitler was ‘n verskriklike man, maar ek is seker dat hy sy dade in sy eie gedagtes kon regverdig. Ek en jy is darem nie naastenby soos Adolf Hitler nie! Maar weet jy, ons lewens is ook nie heeltemal vlekkeloos nie – kyk hoeveel mense ons deur die jare vertrap, verwerp, verwaarloos en seergemaak het. Hul siening van ons, is heel waarskynlik anders as ons eie. Hul waarheid oor ons en ons waarheid oor onsself …nou-ja, dit hang af van ons verskillende perspektiewe oor die saak. Ek is seker ons kan almal ons koppe in skaamte laat sak as ons terugkyk na verhoudingswrakke wat ons agtergelaat het. Weet jy dat ons niks hieraan kan verander nie? Wat ons wel kan verander, is hoe ons mense vorentoe behandel, diegene wat ons goed behandel én die wat ons beledig. 1 Johannes 3:18-20 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles. Wanneer die waarheid van God se liefde deur ons lewens begin werk, gebeur twee dinge. Mense sien nie meer die ou skynheilige ek nie, maar begin om Jesus is hul midde te sien en te ervaar. Dis die eerste ding. En die tweede ding wat vir jou sal wys of jy op die regte spoor is, is as jy sien hoe die liefde van God, ten spyte van wat dit jou kos, deur jou optrede vloei. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge