... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Voorbedagte Vergifnis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:37 Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Listen to the radio broadcast of

Voorbedagte Vergifnis


Download audio file

Wat is jou eerste reaksie, as iemand iets doen om jou seer te maak of jou te irriteer? Die natuurlike ding om te doen, is om hulle te oordeel en te veroordeel. Dit is miskien so, maar hoewel dit ‘n natuurlike reaksie is, is dit nie altyd raadsaam nie.

Ek het altyd gewonder waarom Jesus soveel klem gelê het daarop, dat ons ander mense moet vergewe. Hy het nogal ‘n paar ongemaklike dinge gesê oor oordeel en vergifnis.

Ons lees in: Lukas 6:37 Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. Die implikasie is baie duidelik. As ons ander mense oordeel, sal God ons oordeel. As ons ander veroordeel, sal Hy ons veroordeel. En as ons ander mense nie vergewe nie, sal Hy ons ook nie vergewe nie.

Dit is baie ernstig. Maar as jy mooi daaraan dink, maak dit regtig sin. As ons almal ander mense vergewe het … sou daar geen oorloë gewees het nie. En hoe meer jy erns daarmee maak; en hoe meer jy vergifnis uitleef; hoe meer sal jy ontdek hoe jou spanning verdwyn. 

Laat vaar die oordeel en veroordeling en vergewe. Een van die slimste mans wat ek ken, is ook een van dié, wat die vinnigste is om te vergewe. Hy was my mentor en ek het in die twintig jaar, wat ons saam gewerk het, by hom geleer wat vergifnis is. Hy het die gawe gehad om ongevraagd te vergewe. Hy sou partykeer moeilikheid sien aankom, en die skuldige persone, nog voordat hulle hom, weer aanval, vroegtydig vergewe. Dan weer in ander situasies, wanneer iemand hom met opset seermaak, sal hy hom vergewe, terwyl hy nog op die grond lê en krul van die pyn.

Ek dink sy vermoë om te vergewe, het hom onderskei van baie ander en my respek afgedwing. Vergewe ander, en jy sal vergewe word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge