... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 25:37-40 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Listen to the radio broadcast of

Dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar


Download audio file

Baie mense het deesdae ‘n ‘beleggingsportefeulje’ waarin hulle belê vir ‘n veilige en gemaklike aftrede. Dis seker slim. Maar hoeveel het ‘n ‘portefeulje’ om diegene te help, wat nooit genoeg sal hê nie, hmm?

Ek het ‘n goeie vriend met die naam van Joseph wat in Accra, Ghana woon. Deesdae is hy die Afrika-direkteur van ons bediening, Christianityworks.

Hoe dit ook al sy, Joseph het my vertel dat, van die miljard mense, wat dwarsoor die groot kontinent van Afrika woon, meer mense tot ‘n radio toegang het, as tot skoon drinkwater. Ek het in my vier spore vasgesteek. Dit het my net laat besef hoeveel dinge ék as vanselfsprekend aanvaar.

Dit het my laat wonder hoe dikwels ons ​​aan mense, wat sonder die basiese behoeftes moet lewe, dink? Hoe gereeld doen ons iets daadwerklik om in hul lewens ‘n verskil te maak? Jesus vertel ‘n verhaal, ‘n gelykenis, oor hierdie ernstige ding.

Matteus 25:37-40 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’

En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ Om vir iemand, wat dit nie het nie, vars drinkwater te gee, is asof jy dit vir Jesus self gee. Daar is soveel mense op hierdie planeet wat seer het. Ek en jy kan nie almal se las verlig nie, maar ons kan vir sommige mense help. Maak seker dat jou “gee-portefeulje” die armes insluit. Gee totdat dit seer maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge