... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Stralekrans

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 29:23 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.

Listen to the radio broadcast of

Die Stralekrans


Download audio file

Dit is snaaks hoe gereeld God deur gewone dinge; dinge wat in ons alledaagse lewens gebeur, met ons praat. Hy het met my gepraat deur jong mense wat deur die slim gebruik van tegnologie kattekwaad aangevang het. God praat, ja, maar luister ons?

Ons het onlangs ons webwerf, christianityworks.com, herontwikkel. En die jong ontwikkelaars, almal in die twintiger- en dertigerjare, het besluit om ‘n bietjie pret daarmee te hê. Voordat dit versend is vir uitsending, het hulle ‘n klein halo bo my kop op die foto van die tuisblad gemaak. Ons het almal die grap ingesien, lekker gelag en toe het hulle dit vinnig verwyder!

Maar dit het my laat dink, dat as ons na die beeld van God gemaak is, God sekerlik ook sou dink dis snaaks. Ek het die grootste ontsag en respek vir God, maar weet jy, Jesus het vir ons gesê om Hom, Pappa, te noem. Dit het die Jode van die eerste eeu dwars in die krop gesteek.

Dit is vandag nog vir mense ongehoord om so aan God te dink: Hierdie ontsagwekkende, heilige, wonderlike God wat terselfdertyd ‘n teer pa is – iemand met wie ons kan gaan sit en praat, lag en selfs huil – en iemand vir wie ons kan aanbid.

Toe ek terugdink aan die jongmanne se grappie, het God met  my gepraat en ek het sommer weer besef watter seën daardie jongmense in ons lewens is, daar staan in: Jesaja 29:23 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.

Dit is maklik vir ons om diegene wat jonger as ons is, af te skryf as verspot en onvolwasse. Natuurlik behoort hulle tot ‘n ander generasie, maar hoe ouer ek word, hoe meer sien ek die heerlikheid van God ín, en deur hulle. Ons kon eenvoudig nie die webwerf sonder hulle gebou het nie. Dit is die heerlikheid van God, wat deur die jongmense skyn; en dit is hoe dit behoort te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge