... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moet Nie Nou al die Aftog Blaas Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 2:16,17 Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moet Nie Nou al die Aftog Blaas Nie


Download audio file

Daar is deesdae ‘n neiging onder sommige Christene om die Evangelie van Jesus Christus as ‘n sertifikaat tot gemak en sukses te sien. Miskien is ‘sertifikaat’ nie die regte woord nie. Nee, woorde soos wanopvatting, dwaling en siekte is dalk meer gepas.

Daar is talle redes waarom ek nie van die sosiale media hou nie. Maar weet jy, dit gee my tog fassinerende insig oor hoe mense, veral diegene wat hulself “Christene” noem, oor sekere dinge voel.

Een van daardie denkrigtings, is dat indien jy in Jesus glo, jy jou gratis bewysbrief tot ‘n lewe van gemak gekry het. Ek het onlangs een ‘Christelike’ plasing daar raakgeloop wat lui: Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat ek nie drama, konflik of stres in my lewe wil hê nie. Ek wil ‘n gerieflike huis en goeie kos hê en deur gelukkige mense omring word.

Die persoon het 182 000 ‘likes’ gekry. Nou ja, nie een van ons hou van drama, konflik of stres nie. Ons wil almal graag ‘n gerieflike huis hê, goeie kos eet en eksklusief omring wees deur gelukkig, juigende mense. Maar as jy in Jesus glo, is dit nie waartoe Hy jou geroep het nie.

Markus 2:16,17 Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (NLV)

Dit is soms moeilik om in die geselskap van sogenaamde ‘sondaars’ te wees. Hulle is ontwrigtend, hulle vloek, hulle het woede-uitbarstings, hulle lieg, hulle steel. En as ek en jy hulle nie van Jesus vertel nie, wie sal?

Hy stuur ons nie uit na die ‘goeie mense’ nie. Hy stuur ons na die sondaars. Moet dus nie wegskram van hulle af en net in jou gemaksone beweeg nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.